Ons het 'n heerlike Thanks Giving gehad saam met die Faust familie en hulle het vir albei van ons, baie bederf met persente en klere, joune is baie klein en myne is baie groot, die kontras lagwekkend. Ons het sondag by die huis gekom en sedertien is my energie vlakke maar laag en my kop lekker deurmekaar...seker maar van hormone en nie genoeg slaap nie.
Ons trek volgende jaar voor jy arriveer om nes te skrop in LA en ek dink die weke voor dit 'n werklikheid word is wat swaar is. Daar is allerhande interessante gewaardwordinge wat plaasvind gedurende tyd van so baie verandering. Meestal wil ek my kop onder die kombers steek en eers uit kom wanneer ek weet waarheen en wat volgende. My kop en ego is vas berade om my te oorreed dat ek iets aan die toekoms kan doen, maar in werklikheid is dit regtig onmoontlik want al wat ek oor beheer het is die oomblik waarin ek my bevind. En daarom dink ek wil ek wegkruip en niks doen nie, want daar is niks om te doen tot ek dit moet doen nie. As ek my fokus terug bring na die hede, dan is daar baie wat ek kan doen en geniet... en so kontempleer ek maar my omstandighede en leer om vreugde in die nie so lekker oomblikke te vind.Jy wat groei binne my maak my soms baie deurmekaar en onderstebolder en dis okay ek weet dit gaan verby. Elke keer as jy skop en my laat weet van jou teenwoordigheid help baie.
Ek en jou pa het gisteraand ons kersboom uitgehaal. Kersfees is sy gunsteling vakansie en fees viering. Ek het heerlike vars krap gemaak wat Matt, 'n maatjie saam met wie ek in die see swem, afgelewer het en vir ses van Ryan se tuis gebroude biere. Dis die lekkerste lekker. Ons het kers musiek aan gesit en lekker gekuier en ge-eet en toe ornamente op die boom gehang. Dis ons kersfees voorbereiding en viering en dis altyd groot pret.
Ons gaan hierdie plek verlang en soveel as wat ek uitsien na wat voorle is daar 'n bietjie treur in my vir wat ons hier agterlaat.
Soms kan die grootmens wereld my oorweldig en my laat doodstop soos 'n hardkoppige Pippie Langkous, en dan word ek herinner deur 'n stemmetjie diep van binne en trek ek my helderste klere aan en gaan speel buite.
Lief vir jou!!
No comments:
Post a Comment