Ek sit in ons kombuis en kry lekker. Dis al hoe meer huis en ons is omring deur bekende prente en die chaos waaraan ons gewoond is. Die projek vir die week is fotos en jou goeters engel.
Ek het groot rustigheid in my hart oor jou koms en is nou meer opgewonde as enige iets anders. Ons het 'n doula wat gaan bystaan sodat jy op jou tyd en manier die wereld kan inkom sonder te veel mediese inmenging. Ek staan verbaas oor die kuns en 'magic' van hierdie reis wat nou amper op 'n einde en sy grootste transformasie staan. Ek is mal oor my maag en oor jou manevales. Ek kan tot die slaaplose nagte verdra.

...en dat ek verskriklik lief is vir jou en jou pa!
No comments:
Post a Comment