Noe-noe kind, Johannesburg is op sy mooiste na al die reen en somer hier is iets om te beleef met al die donderstorms en sonskyn. Ek geniet my ma en familie meer as ooit. Ons het hierdie week regtig net rustig ons herinneringe gevind en wonderlike oomblikke saam gedeel. Meestal in die kombuis en in die tuin of op die bank. Ons het heerlike Malay kerrie geeet wat jou Tannie Kim gemaak het, sy is 'n 'formidabele' kok en ons smul altyd as sy eers in die kombuis besig geraak het. Daar is iets baie spesiaal aan 'n klomp vroue in die kombuis wat saam kos maak, dis heilig. Dit was sommer lekker kuier en stories deel om die tafel tot laat. Die volgende aand was al jou niggies en nefies van die Jacobsz kant hier met 'n bobotie, tipies en lekker. Dit was wonderlik om om die tafel te sit saam met hulle, en herinneringe van ouds te onthou, see vakansies, paarties op die strand en manevales wat net vier klein dogtertjies mee kan weg kom. Dis 'n voorreg om in hulle gesigte myself en 'n geskiedenis te sien wat my laat voel of ek hoort. Ons is baie geseend my darling.

Verder die week toe kuier en kry ons kwaliteit tyd saam met jou Tannie Esther en Ouma, die drie van ons kuier een stryk deur vir dae. Ons geniet elke aand 'n fees uit jou Ouma se kombuis, ons lek ons vingers af. En toe beleef jy ook jou eerste Ballet by die Staats Teater in Pretoria soos dit hoort. Ons het Nut Cracker gaan kyk wat wonderlik was met 'n klassieke orkes daar en almal om ons in hulle sondag beste. Dit was fabulous.

Baie lief vir jou elke dag.
No comments:
Post a Comment