Thursday, December 2, 2010

24 WEKE

Noe-Noe kind dis Desember! Dis herfs maar voel soos winter hier en die verwarmer is nou elke aand aan. Patience is nie skaam om onder die kombers skoesig te raak nie en die hoeveelheid lae klere wat ons moet aantrek om by die deur uit te stap is belaglik. Dis soos Johannesburg se winters waar niks ingerig is vir die koue nie. Gelukkig hou jy en Ryan my warm.
Ons het 'n heerlike Thanks Giving gehad saam met die Faust familie en hulle het vir albei van ons, baie bederf met persente en klere, joune is baie klein en myne is baie groot, die kontras lagwekkend. Ons het sondag by die huis gekom en sedertien is my energie vlakke maar laag en my kop lekker deurmekaar...seker maar van hormone en nie genoeg slaap nie.

Ons trek volgende jaar voor jy arriveer om nes te skrop in LA en ek dink die weke voor dit 'n werklikheid word is wat swaar is. Daar is allerhande interessante gewaardwordinge wat plaasvind gedurende tyd van so baie verandering. Meestal wil ek my kop onder die kombers steek en eers uit kom wanneer ek weet waarheen en wat volgende. My kop en ego is vas berade om my te oorreed dat ek iets aan die toekoms kan doen, maar in werklikheid is dit regtig onmoontlik want al wat ek oor beheer het is die oomblik waarin ek my bevind. En daarom dink ek wil ek wegkruip en niks doen nie, want daar is niks om te doen tot ek dit moet doen nie. As ek my fokus terug bring na die hede, dan is daar baie wat ek kan doen en geniet... en so kontempleer ek maar my omstandighede en leer om vreugde in die nie so lekker oomblikke te vind.Jy wat groei binne my maak my soms baie deurmekaar en onderstebolder en dis okay ek weet dit gaan verby. Elke keer as jy skop en my laat weet van jou teenwoordigheid help baie.
Ek en jou pa het gisteraand ons kersboom uitgehaal. Kersfees is sy gunsteling vakansie en fees viering. Ek het heerlike vars krap gemaak wat Matt, 'n maatjie saam met wie ek in die see swem, afgelewer het en vir ses van Ryan se tuis gebroude biere. Dis die lekkerste lekker. Ons het kers musiek aan gesit en lekker gekuier en ge-eet en toe ornamente op die boom gehang. Dis ons kersfees voorbereiding en viering en dis altyd groot pret. Ek is vanoggend deur die blare en sukkel om aan die gang te kom, maar gelukkig is Jen en Eli reg langsaan en 'n uur in hulle nabyheid laat my gou beter voel. Ons doen yoga en shiatsu en ek pik 'n traan soos ek my seeninge tel. Daar is so baie ondersteuning orals om my as ek kies om dit te sien en te benut.
Ons gaan hierdie plek verlang en soveel as wat ek uitsien na wat voorle is daar 'n bietjie treur in my vir wat ons hier agterlaat.
Soms kan die grootmens wereld my oorweldig en my laat doodstop soos 'n hardkoppige Pippie Langkous, en dan word ek herinner deur 'n stemmetjie diep van binne en trek ek my helderste klere aan en gaan speel buite.
Lief vir jou!!

Friday, November 26, 2010

23 WEKE

Ons se dankie die naweek! En daarby eet ons 'n turkey en baie daarvan. Ons kuier by "die huis met 'n dam" (the PondHouse) in San Diego by jou Ouma Terrie, wat 'n storm kan los kook, dis haar passie en grootste liefde naas haar familie. Ons was twintig mense om die tafel met 'n 30 pond turkey en baie ander geregte om jou bord mee vol te laai. Almal lag en vertel stories en staan rond en maak praatjies. Ek sien uit om almal beter te leer ken en meer tyd saam te he, want dis tog wat familie is, mense wat herinneringe deel. Familie in my boek is baie meer as net bloed engel, en ek hoop jy ontdek ook die genot en magic van jou siels familie vind gedurende hierdie menslike ervaring. Ek se dankie dat jy oppad is en ons kies om saam met jou te speel!
Ek en jou pa het Woensdag van San Francisco tot in LA gery en in totaal twaalf ure in die kar spandeer om die woonbuurte van LA te bekyk en te ondersoek. Ons hoop om 'n heerlike huis met 'n tuin en spasie te kry vir ons volgende avontuur saam. Ek is mal daaroor om saam met hom in die kar te ry, ons kuier altyd een stryk deur, dis so maklik. Ons is sulke goeie vriende en deel 'n amazing liefde en passie en ek kan net glo en hoop dat jy en almal vir wie ek lief is so 'n verhouding kan beleef.

Jy is aktief en my maag groei by die minuut voel dit vir my.
Almal wil weet wat jou naam gaan wees en dis lekker om almal se idees te hoor, maar ek dink jy weet al wat jou naam is en ons ook...en dis ons geheim en sal 'n verrassing bly vir almal anders.


Ek en Eli het uiteindelik weer Lands End gaan stap tot by die Laborynth, waar die wind ons amper van die kranse af gewaai het. Nes jou Ouma Quinta kan ek die wind baie min uitstaan, dit maak my beduiweld en krap my kop om, maar hierdie wind was stormagtig en vol krag en avontuur en het my laat lag uit my maag uit soos ek op my voete probeer bly. Dis was asof ek kon opstyg as ek laat gaan, en ek hou van die idee van vlieg...Een van die dae vlieg ek en jy saam Suid Afrika toe! Noe-Noe Kind jy is in vir 'n ding en ek is baie opgewonde vir jou en oneindiglik lief vir jou!

Tuesday, November 23, 2010

A November to Remember...

Its Ryan's birthday in November and I always enjoy spoiling him. Scott came north to celebrate with us, since his birthday is the day after Ryan's. We all did a barbecue dinner at Baby Blues Barbecue, the best in San Francisco. It was a fun night, family style and everyone just sharing and caring.
The next morning we headed north to Guerneville where we rented a cabin on the river for a couple nights. Its was stunning and fabulous, with a hot-tub and private beach access, a fire place and a fully equipped kitchen. I even baked my first cake, Ouma Quinta style for the birthday boys, a German chocolate coconut cake.It was a huge success and I couldn't believe myself.
Its incredibly gorgeous up there during fall with all the vineyard's changing color.

We finally shot the short Milena and I have been working on the past few months; about a couple living with 'alien' status in the United States and face some challenging choices being far from home. I work with Mauro Pivi and in one day we shot out in the Oakland hills, it was a great day of filming with people that take their craft and work seriously and it was lovely working with Milena Grozeva Levy, a talented director and writer. We are all excited because it could be the first of a trilogy of shorts that really looks at the choices those of us in a foreign country face when life throws is curve balls.

I also finished a run of "Inside Davids Mamet's computer" written by Howard Meehan with me, Tim Talbot and Michael Locke. We performed it at Studio300 Theater downtown San Francisco and had a fantastic weekend and audiences. It was another really good experience of working with passionate people that gets things done. It was a night filled with original work by talented artists, Tonya Foster who wrote "Waiting on Humanity" and Howard Meehan doing stand-up, everyone creating quality work and observing the world we live in. It felt like community coming together enjoying performing art as entertainment.


And...I'm more pregnant by the day, November has been a fast paced month of significant change, physical, hormonal and mental.
I'm enjoying the journey this pregnancy is taking me on, its eye opening and significantly making we aware of the human experience. Everyday is different and as a friend of mine said today its truly nine months that makes us really aware of how different everyday is and how we change in every moment. Not only physically is the growth so rapid and noticeable its also something that forces us to be really present in the moment and aware of the world we live in, since the sense of responsibility sets in and priorities become clear.
I look forward to the festive season and going home to South Africa for a month and also spending some time in New York.
Happy Thanks Giving!

Wednesday, November 17, 2010

22 WEKE


Somer het uiteindelik aangebreek en dalk bly dit vir 'n dag of twee:) Hier op ons deel van die California kus waar dit al laat herfs is ervaar ons nou eers regtig somer. Ek en jy het Sondag saam met die wonderlike en unieke "Swim-Pod" gaan kuier by China Beach en krap (daai oggend deur Matt gevang) ge-eet van die kole af en toe lekker in die see geswem. Met die warm son was die koue water gladnie erg nie, dit was fantasties. Ek is so lief vir die son! In die laaste week het jy skielik begin beweeg en voel-voel binne my, en dit laat my elke keer glimlag wanneer ek jou ligte aanpor voel. My hart klop vinnig van opgewondenheid deesdae. Gisteraand in my Drama/Sang klas kon ek nie my hart laat bedaar nie, en jou warm teenwoordigheid was baie klaarblyklik en prominent. Ek het so idee dat jy van musiek hou, wie van ons doen nie! Soos iemand gister kwyt raak god is musiek, ons ware essence as mens word uitgebeeld deur musiek.

Ek en Ryan het onder die half maan heerlik op die strand gaan stap nou die aand en die branders het soos 'n lafenis oor al ons besorgdhede geval. Daar is 'n oorweldigende gevoel van warm dankbaarheid vir al ons seeninge. Jy is die wonderlikste seening engel, noe-noe kind.

Ek kan nie wag om eendag hierdie deel van paradys met jou te kom deel nie, gister toe ek saam met Eli, my ander boetie op Baker beach gaan stap slaan die skoonheid van die land my weer weg en terwyl ek in die huis werk en saam met Patience(ons swartste kat) op my stoel sit en koer en uitkyk op my boom met sy inwoner Hummingbird(Kolibrie), weet ek ons het 'n baie spesiale nessie hier geskrop met goeie vriende reg langs ons as bure. 'n Warm son en die lig wat dit bring laat my altyd met liefde na die dag en lewe kyk.
Ons sien uit om ons dae met jou te deel, darling meisie!
Lief vir jou ...

Thursday, November 11, 2010

21 WEKE


Ek skryf nou vir jou sodat jy kan weet hoe jy die wereld al van vroeg af affekteer. Ek waarsku jou baie mense sien uit na jou koms en kannie wag om jou te ken en te bederf en lief te he nie. Onder andere SES Oupa's en Ouma's! Ek weet nie hoeveel kinders kan dit se nie. Jou Ouma Salome is die ander een vir wie ek die dagboek skryf, sy hou daarvan om ingelig te wees, so wees nou al gewaarsku, sy kan nie wag om jou te ontmoet nie!
My job vir nou is om jou te help gesond groei, en lus vir die lewe te maak. So ek luister hard na jou en dit is regtig stunning wat ek in die proses leer. So vroeg begin jy al leermeester wees. Ek kan nie aldag die veranderinge in my wese en dae glo of verstaan nie, maar ek geniet my gate uit en kan net dink hoe lekker dit gaan wees as jy eers heeltemal hier is om dit als mee te deel. EK bak skielik koekies en het die naweek selfs vir jou pa 'n verjaarsdag koek gebak, chocolat met coconut, sy gunsteling, en dit was 'n sukses. Amper so lekker soos jou Ouma Quinta sin, sy was die chocolat koek koningin.
Ek kan nie genoeg van Sonya Kitchell, folk en Suid Afrikaanse musiek kry nie, miskien is jy die verskoning wat ek nodig gehad het om selfs meer te indulge maar ek voel hoe jy reageer op sekere musiek en skielik wil ek kitaar leer spieel en wie weet wat anders.
Ek wens daar was meer ure in die dae, dat ek vir ure kon sit en staar en droom oor jou en jou hierwees, nie dat ek regtig gestop word om dit te doen nie, want ek kan myself nie help nie, maar my engel mens se dae vul baie vinnig op, dis snaaks. En dan is daar dae soos vandag wat almal op my kanselleer en ek maar te bly is want skielik het ek die hele dag vir my en jou. Ek kan lees en dalk selfs Chocolat chip coconut koekies bak vir die lekker. Wow, my soet tand is besig om hand uit te ruk en ek probeer om maar matigheid voor oe te hou, (Ouma Quinta het altyd gewaarsku om matigheid te behou) maar dis moeilik om nee te se wanneer Halloween lekkers orals in die huis rond le. Ek handig dit vir almal met wie ek in aanraking kom uit, maar dit voel nie of dit opraak nie, en ek eet heeltemal teveel sweets. Ek belowe ek eet andersins baie gesond en drink my vitaminas, want ek weet jy het al die goeie goed nodig.
Die son skyn vandag en ek het heerlik op die strand gaan stap en sing en maar geglimlag vir almal wat my snaaks aanloer omdat ek hardop sing sonder om te skroom. Ek oefen en jy moet gewoond raak aan my stem. En ek het uiteindelik yoga gedoen saam met Jen, ag dit was lekker en die verskil wat dit maak is ongelooflik. Ek gaan voorneem om elke dag Yoga te doen.
Jy is nou 21 weke oud en jou pa begin al hoe meer met jou praat en ek kan voel hoe jy rustig raak wanneer hy my magie washou en vryf, hy kan meer as enige-iemand nie wag vir jou nie. Hy is soos 'n kat wat volroom melk kry elke dag. Ons is so lief vir jou, BABA, my oe skiet sommer vol trane..

Tuesday, October 12, 2010

I'm just saying...: A quick update...

I'm just saying...: A quick update...: "I know its been a while. Days, weeks, months fly by me and I feel like a spectator who's neck isn't long or agile enough to keep up. Here go..."

A quick update...

I know its been a while. Days, weeks, months fly by me and I feel like a spectator who's neck isn't long or agile enough to keep up. Here goes a brief update:
Aug/Sept: My 'bestest friend in the whole world' came to visit for 3 weeks. We spent some time in LA and celebrated birthdays, then we did an incredible road trip through Mammoth and Yosemite, holding our breath in awe. Very excited we drove over the bay bridge into the fog city that greeted us with its known face. There is a certain mystique seeing the city hanging in its cloud trying to stay visible. We had a few days to explore SF, its magic, beauty and grit. Then we were of again to roam the big-sky country, Montana and Yellowstone for Labor day. In one day we swam in the lake in the morning, catching our dinner(beautiful rainbow trout), and in the afternoon we were playing in the snow!?!? ... we had an incredible time being together, driving each other crazy and enjoying the discoveries being made daily. Only soul-sisters can hold up such brutally honest mirrors for each other.
Sept/Oct: Since she left I quit being a waitress. I hung that hat and plan to find a more comfortable one. One that inspires and brings joy to my daily existence and those around me.
As actress I had a busy couple months, you know when it rains it pours so we ride the tiger while its around. Sept/Oct we rehearsed and performed a very unique original play by Howard Meehan, "Inside David Mamet's Computer" at the Film Center in San Francisco.
Our little short film; "This is Charlotte King" won best SD film at the San Diego Film festival.
I participated in a couple short films that look at some interesting points of view, I look forward to sharing these with you. I also take part in my first Zombie Flick, "Life is for the living", that had me giggling for days. I think this is probably a San Francisco film actress must, now I can scratch that of my list.
We are standing in the middle of October, elections are around the corner and my observation, (since I can't vote here yet); it's really time for Americans to look up their common sense again and not feed into the buy-outs fed to them daily. Allowing fear to rule is only pushing this beautiful creative people into a corner where they can't seem to breath or think rationally. Giving so much energy to those we blame only empower them, depletes our own way, potential and means. Things change and has to, resisting this constant in life only brings more pain to the moment.
Reconnecting with the self-healing art Metamorphosis has me back on my soapbox about living from our true source without fear, or at least carry "fear" as a friend and not our ruler.