Friday, November 26, 2010

23 WEKE

Ons se dankie die naweek! En daarby eet ons 'n turkey en baie daarvan. Ons kuier by "die huis met 'n dam" (the PondHouse) in San Diego by jou Ouma Terrie, wat 'n storm kan los kook, dis haar passie en grootste liefde naas haar familie. Ons was twintig mense om die tafel met 'n 30 pond turkey en baie ander geregte om jou bord mee vol te laai. Almal lag en vertel stories en staan rond en maak praatjies. Ek sien uit om almal beter te leer ken en meer tyd saam te he, want dis tog wat familie is, mense wat herinneringe deel. Familie in my boek is baie meer as net bloed engel, en ek hoop jy ontdek ook die genot en magic van jou siels familie vind gedurende hierdie menslike ervaring. Ek se dankie dat jy oppad is en ons kies om saam met jou te speel!
Ek en jou pa het Woensdag van San Francisco tot in LA gery en in totaal twaalf ure in die kar spandeer om die woonbuurte van LA te bekyk en te ondersoek. Ons hoop om 'n heerlike huis met 'n tuin en spasie te kry vir ons volgende avontuur saam. Ek is mal daaroor om saam met hom in die kar te ry, ons kuier altyd een stryk deur, dis so maklik. Ons is sulke goeie vriende en deel 'n amazing liefde en passie en ek kan net glo en hoop dat jy en almal vir wie ek lief is so 'n verhouding kan beleef.

Jy is aktief en my maag groei by die minuut voel dit vir my.
Almal wil weet wat jou naam gaan wees en dis lekker om almal se idees te hoor, maar ek dink jy weet al wat jou naam is en ons ook...en dis ons geheim en sal 'n verrassing bly vir almal anders.


Ek en Eli het uiteindelik weer Lands End gaan stap tot by die Laborynth, waar die wind ons amper van die kranse af gewaai het. Nes jou Ouma Quinta kan ek die wind baie min uitstaan, dit maak my beduiweld en krap my kop om, maar hierdie wind was stormagtig en vol krag en avontuur en het my laat lag uit my maag uit soos ek op my voete probeer bly. Dis was asof ek kon opstyg as ek laat gaan, en ek hou van die idee van vlieg...Een van die dae vlieg ek en jy saam Suid Afrika toe! Noe-Noe Kind jy is in vir 'n ding en ek is baie opgewonde vir jou en oneindiglik lief vir jou!

1 comment:

  1. Hi Quinne
    Dankie vir die deel. Ek kyk na hoe jou lyfie verander en dink ek moet maar liewer na die volgende grootte mik as ons jou aangetrek wil hou die vakansie. Kan nie wag om jou onder my dak te hĂȘ nie. Liefde Salome

    ReplyDelete