Sunday, December 26, 2010

27 WEKE

Geseende Kersfees Noe-Noe Kind!
Jy is ses maande nou al aan die groei en jy travel gemaklik voel dit vir my. Ons het afgery Franschhoek toe om die nuwe jaar in te gaan saam met almal en die berge.

Die laaste week was heerlik rustig en sommer net rond hang in stille Johannesburg by Ouma Salome en in die shops en saam met ou pelle. Kersaand was ons heerlik by ons ander Siel familie, die Landmans en dis vir my van die lekkerste oomblikke, ons deel gereeld die tyd van die jaar met hulle, en daar is net 'n gemaklikheid en rykdom van gees saam. Vir Kersdag is ons die middag tussen al die Goodings. Die dag loop warm en Vader Kersfees het tot 'n verskynsel gemaak op 'n motorfiets en sonder sy langbroek, ek dink die hitte het hom ook gevang. Ons kuier lekker so tussen almal, al vyftig van hulle.Die kos, kersboom, almal en alles was baie mooi en aangenaam.
Ek en ma sluit die dag af met ons gunsteling fliek, "Antonia's line", die lekkerste fliek oor sterk inspirerende vroue wat saam bly op 'n plaas, 'n lyn van vier generasies, 'n storie vol karakters en lekkerkry.

Nou ja... ek sit hier op die stoep by Goodings Grove met die rustigheid van die berge wat knoesig om my le en die blou lug wat dit prentjie mooi raam. Die pad deur die Vrystaat en Karoo en toe die Hex rivier vallei slaan nog elke keer my asem weg en laat my hart met groot waardering vir hierdie land en kontinent klop. Jy is hier al is dit net in my maag en jou teenwoordigheid is 'n wonderlike ervaring en herinnering aan dit wat als werklik belangrik is.

Ek voel geseend en gelukkig. Rus lekker engel kind want hier is baie om te beleef.

Sunday, December 19, 2010

26 WEKE


Noe-noe kind, Johannesburg is op sy mooiste na al die reen en somer hier is iets om te beleef met al die donderstorms en sonskyn. Ek geniet my ma en familie meer as ooit. Ons het hierdie week regtig net rustig ons herinneringe gevind en wonderlike oomblikke saam gedeel. Meestal in die kombuis en in die tuin of op die bank. Ons het heerlike Malay kerrie geeet wat jou Tannie Kim gemaak het, sy is 'n 'formidabele' kok en ons smul altyd as sy eers in die kombuis besig geraak het. Daar is iets baie spesiaal aan 'n klomp vroue in die kombuis wat saam kos maak, dis heilig. Dit was sommer lekker kuier en stories deel om die tafel tot laat. Die volgende aand was al jou niggies en nefies van die Jacobsz kant hier met 'n bobotie, tipies en lekker. Dit was wonderlik om om die tafel te sit saam met hulle, en herinneringe van ouds te onthou, see vakansies, paarties op die strand en manevales wat net vier klein dogtertjies mee kan weg kom. Dis 'n voorreg om in hulle gesigte myself en 'n geskiedenis te sien wat my laat voel of ek hoort. Ons is baie geseend my darling.

Verder die week toe kuier en kry ons kwaliteit tyd saam met jou Tannie Esther en Ouma, die drie van ons kuier een stryk deur vir dae. Ons geniet elke aand 'n fees uit jou Ouma se kombuis, ons lek ons vingers af. En toe beleef jy ook jou eerste Ballet by die Staats Teater in Pretoria soos dit hoort. Ons het Nut Cracker gaan kyk wat wonderlik was met 'n klassieke orkes daar en almal om ons in hulle sondag beste. Dit was fabulous. Dit voel of jy nou mooi in settle en die kos en water en lug hier gewoond raak. Ek voel weer vol energie en kan nie genoeg kry van my ma nie. Ons loop lekker in Jozi se strate en 'shop till we drop', sy is die enigste persoon wat my ook wil laat koop, dis laf en lekker. Ons het in die haarkapper by Lorinda gaan uithang vir 'n oggend en toe lekker in Malcolm se tuin gekuier. Die reen het opgeklaar na dit ons amper weg gespoel het en die son en maan skyn ekstra helder. Ek staan in die tuin onder die boom haal diep asem want die reuke en klanke wat my siel vul in hierdie stad van my hart vul my wese met 'n rustigheid en 'n wete dat ek hoort en dit maak die pad vorentoe meer duidelik en tasbaar. Jou nabyheid is wat my die rustigheid vanself maak en my laat uitsien in die oomblik meer as ooit, so dankie vir jou Noe-noe.
Baie lief vir jou elke dag.

Saturday, December 11, 2010

25 WEKE


Hierdie 25ste week was baie opwindend en vol manevales en dinge. Ek sit nou uiteindelik in jou Ouma Salome se huis in Johannesburg en luister hoe die reen buite val. Dis 'n lafenis en 'n anderse reen as in San Francisco. Maar ek is reg vir die son om te skyn en die onweer om bietjie te bedaar. Die reis het Vrydag aand middernag in San Francisco begin, vasgehak in Minneapolis/St Paul in die sneeu storm tot Sondag middag en na baie reen en 'n lekker kuier by my ander soul-sister Donna in New York vir 'n kort aand, het dit my uiteindelik in Johannesburg afgelewer, Dinsdag oggend. 'n Sneeu storm is nie speletjies nie, en darem kon ek 'n motel kamer vir die dag kry om in te rus in Minneapolis terwyl die storm haarself uit gewoed het. Dit was een ding om die hotel kamer geboek te kry en 'n ander om tot daar te kom. Gelukkig het 'n engel my pad gekruis, ek was op die regte plek in die regte oomblik om 'n lift van 'n engel, Shanti te kry. Ons het in haar trok dit veilig gemaak tot by die hotel na 'n paar draaie en swaaie deur sneeu belaaide strate.

Dit dan daar gelaat die res van jou 25ste week was heerlik, ons het ons "Friends Thanks Giving" gehou, nog 'n dankie se seremonie, ja! Ons het vyftien stunning pelle van ons om die tafel gehad met 'n kalkoen uit my oond, 'n vark boud uit my crock pot en lekker vars krap uit onse see wat Matt gevang en saam gebring het. Ons is geseend met ware vriende in ons lewe en ek was sommer Donderdag vol hartseer om totsiens te se vir ons avontuur in San Francisco. Mense bly gelukkig altyd in mens se hart as hulle eers daar tuis geraak het. Ek het heerlik huis gespeel en reg gemaak om Suid Afrika toe te kom. Ek en Ryan het selfs Vrydag aand voor my vlug ons Kersfees fix gaan kry in Union Square waar hulle 'n yskaats baan in die square bou en 'n vreeslike groot Kersboom versier het om mens te laat voel jy sit reg in die middel van Kersfees.

Jy word net groter engel kind en toe ek uiteindelik stil sit in die vliegtuig is jy baie aktief en besig, so asof jy wou sien wat aangaan. Ek dink jy gaan hou van reis, wel ek hoop so.
Nou is ons vir eers in die Moederland en ek hoop die tyd hier kweek in jou ook 'n diepe liefde en waardering vir hierdie land en sy mense en tale.
....so baie liefde vir jou!

Thursday, December 2, 2010

24 WEKE

Noe-Noe kind dis Desember! Dis herfs maar voel soos winter hier en die verwarmer is nou elke aand aan. Patience is nie skaam om onder die kombers skoesig te raak nie en die hoeveelheid lae klere wat ons moet aantrek om by die deur uit te stap is belaglik. Dis soos Johannesburg se winters waar niks ingerig is vir die koue nie. Gelukkig hou jy en Ryan my warm.
Ons het 'n heerlike Thanks Giving gehad saam met die Faust familie en hulle het vir albei van ons, baie bederf met persente en klere, joune is baie klein en myne is baie groot, die kontras lagwekkend. Ons het sondag by die huis gekom en sedertien is my energie vlakke maar laag en my kop lekker deurmekaar...seker maar van hormone en nie genoeg slaap nie.

Ons trek volgende jaar voor jy arriveer om nes te skrop in LA en ek dink die weke voor dit 'n werklikheid word is wat swaar is. Daar is allerhande interessante gewaardwordinge wat plaasvind gedurende tyd van so baie verandering. Meestal wil ek my kop onder die kombers steek en eers uit kom wanneer ek weet waarheen en wat volgende. My kop en ego is vas berade om my te oorreed dat ek iets aan die toekoms kan doen, maar in werklikheid is dit regtig onmoontlik want al wat ek oor beheer het is die oomblik waarin ek my bevind. En daarom dink ek wil ek wegkruip en niks doen nie, want daar is niks om te doen tot ek dit moet doen nie. As ek my fokus terug bring na die hede, dan is daar baie wat ek kan doen en geniet... en so kontempleer ek maar my omstandighede en leer om vreugde in die nie so lekker oomblikke te vind.Jy wat groei binne my maak my soms baie deurmekaar en onderstebolder en dis okay ek weet dit gaan verby. Elke keer as jy skop en my laat weet van jou teenwoordigheid help baie.
Ek en jou pa het gisteraand ons kersboom uitgehaal. Kersfees is sy gunsteling vakansie en fees viering. Ek het heerlike vars krap gemaak wat Matt, 'n maatjie saam met wie ek in die see swem, afgelewer het en vir ses van Ryan se tuis gebroude biere. Dis die lekkerste lekker. Ons het kers musiek aan gesit en lekker gekuier en ge-eet en toe ornamente op die boom gehang. Dis ons kersfees voorbereiding en viering en dis altyd groot pret. Ek is vanoggend deur die blare en sukkel om aan die gang te kom, maar gelukkig is Jen en Eli reg langsaan en 'n uur in hulle nabyheid laat my gou beter voel. Ons doen yoga en shiatsu en ek pik 'n traan soos ek my seeninge tel. Daar is so baie ondersteuning orals om my as ek kies om dit te sien en te benut.
Ons gaan hierdie plek verlang en soveel as wat ek uitsien na wat voorle is daar 'n bietjie treur in my vir wat ons hier agterlaat.
Soms kan die grootmens wereld my oorweldig en my laat doodstop soos 'n hardkoppige Pippie Langkous, en dan word ek herinner deur 'n stemmetjie diep van binne en trek ek my helderste klere aan en gaan speel buite.
Lief vir jou!!