Sunday, December 19, 2010

26 WEKE


Noe-noe kind, Johannesburg is op sy mooiste na al die reen en somer hier is iets om te beleef met al die donderstorms en sonskyn. Ek geniet my ma en familie meer as ooit. Ons het hierdie week regtig net rustig ons herinneringe gevind en wonderlike oomblikke saam gedeel. Meestal in die kombuis en in die tuin of op die bank. Ons het heerlike Malay kerrie geeet wat jou Tannie Kim gemaak het, sy is 'n 'formidabele' kok en ons smul altyd as sy eers in die kombuis besig geraak het. Daar is iets baie spesiaal aan 'n klomp vroue in die kombuis wat saam kos maak, dis heilig. Dit was sommer lekker kuier en stories deel om die tafel tot laat. Die volgende aand was al jou niggies en nefies van die Jacobsz kant hier met 'n bobotie, tipies en lekker. Dit was wonderlik om om die tafel te sit saam met hulle, en herinneringe van ouds te onthou, see vakansies, paarties op die strand en manevales wat net vier klein dogtertjies mee kan weg kom. Dis 'n voorreg om in hulle gesigte myself en 'n geskiedenis te sien wat my laat voel of ek hoort. Ons is baie geseend my darling.

Verder die week toe kuier en kry ons kwaliteit tyd saam met jou Tannie Esther en Ouma, die drie van ons kuier een stryk deur vir dae. Ons geniet elke aand 'n fees uit jou Ouma se kombuis, ons lek ons vingers af. En toe beleef jy ook jou eerste Ballet by die Staats Teater in Pretoria soos dit hoort. Ons het Nut Cracker gaan kyk wat wonderlik was met 'n klassieke orkes daar en almal om ons in hulle sondag beste. Dit was fabulous. Dit voel of jy nou mooi in settle en die kos en water en lug hier gewoond raak. Ek voel weer vol energie en kan nie genoeg kry van my ma nie. Ons loop lekker in Jozi se strate en 'shop till we drop', sy is die enigste persoon wat my ook wil laat koop, dis laf en lekker. Ons het in die haarkapper by Lorinda gaan uithang vir 'n oggend en toe lekker in Malcolm se tuin gekuier. Die reen het opgeklaar na dit ons amper weg gespoel het en die son en maan skyn ekstra helder. Ek staan in die tuin onder die boom haal diep asem want die reuke en klanke wat my siel vul in hierdie stad van my hart vul my wese met 'n rustigheid en 'n wete dat ek hoort en dit maak die pad vorentoe meer duidelik en tasbaar. Jou nabyheid is wat my die rustigheid vanself maak en my laat uitsien in die oomblik meer as ooit, so dankie vir jou Noe-noe.
Baie lief vir jou elke dag.

No comments:

Post a Comment