Monday, October 31, 2011

My Hart se Punt...

Trek Oos Kaap toe, Transkei toe. Die heuwels wat rol met alle kleure huise en mense, diere en die see. Soos ons land in Oos London, klop my kinder hart opgewonde en bly. Ek voel of ek huis toe kom. Al daai Desember vakansies wat ons aan die kant van Suid Afrika gekuier het. In Keimond het ons saam met ons tweeling niggies die aarde plat gespeel en ons 'domain geclaim'. Niks kon ons keer nie. Ek onthou min van my kinder dae, maar Desember vakansies in die Oos Kaap en Safaris in Afrika saam met my familie, is vars in my geheue. Ons land in die middag en elke slaggat oppad King Williams Town toe laat my nader voel aan hierdie deel van my Suid Afrika waar ek al mooi moes mik om die onaangelaste paaie wat na avontuur lei te volg. Dis landelik en ongerep. Die wildheid is wat meeste frustreer en ja, miskien as jy nie daagliks hoef te maak werk nie, is dit makliker om te romantiseer. Om van 'n baie gereguleerde deel van die wereld te kom waar als mooi in pas en min verstrooid is, voel die deel van my geliefde land soos 'n morsige soet lekker en die groen van die heuwels en die stukkende paaie en die aangelapte huise gee vir my heimwee. En CQ reageer op almal en alles met soveel liefde in haar glimlag, sy laat my hart pyn na haar pa, ek wens hy was ook hier om saam met ons te kuier en te geniet. Ons kuier 'n hond uit 'n bos uit by Twins, my niggie, Quinta se gastehuis waar ons baie bederf word en lekker op die stoep sit en opmaak vir verlore tyd.
CQ ry haar eerste perd op 29 weke. Sy is in die sewende hemel toe sy uiteindelik kans kry om ook op die ponie se rug te klim. Sy is vreesloos, rustig en so natuurlik met diere. Ek staan elke dag verstom met hierdie kind van ons. Ek is van vooraf bewus van die wonderwerk van menswees. Hoe klein en weerloos ons begin en met die liefde en versorging van ander word ons selfversorgende individue...amazing.

No comments:

Post a Comment