Friday, January 20, 2012

afrikaans

die taal van my hart. Vanoggend loop ek in hierdie Amerikaanse strate in California en ek voel hoe trane spontaan oor my wange loop toe Koos Kombuis in my ore fluister en my aan my kinderdae, braaivleis en selfs die kerk herinner. Hier sit ek myle, kilometers ver van my geliefde hart land. Mens weet nooit wat die dag gaan toelaat nie. Ek neem aan, party dae is mens maar net sterk genoeg om sekere emosies herkenning te gee. Dankie Koos en Schalk vir die note wat my hart laat oopgaan. Ek hoop Charlotte sal altyd die klanke en tale van haar Afrika ken.
Ek stuur liefde en groete na die Kaap en sy berge en see en wynlande[ Goodings Grove]
Ek verlang na die hadidas en die groen van Johannesburg met al sy smiles en geskiedenis waar die dapper mens drome kan vang.

2 comments:

  1. ek voel ook vandag so. dankie vir hierdie mooi woorde

    ReplyDelete
  2. Dankie vir die terugvoering en meelewing. Baie groete quinne

    ReplyDelete