Thursday, November 11, 2010

21 WEKE


Ek skryf nou vir jou sodat jy kan weet hoe jy die wereld al van vroeg af affekteer. Ek waarsku jou baie mense sien uit na jou koms en kannie wag om jou te ken en te bederf en lief te he nie. Onder andere SES Oupa's en Ouma's! Ek weet nie hoeveel kinders kan dit se nie. Jou Ouma Salome is die ander een vir wie ek die dagboek skryf, sy hou daarvan om ingelig te wees, so wees nou al gewaarsku, sy kan nie wag om jou te ontmoet nie!
My job vir nou is om jou te help gesond groei, en lus vir die lewe te maak. So ek luister hard na jou en dit is regtig stunning wat ek in die proses leer. So vroeg begin jy al leermeester wees. Ek kan nie aldag die veranderinge in my wese en dae glo of verstaan nie, maar ek geniet my gate uit en kan net dink hoe lekker dit gaan wees as jy eers heeltemal hier is om dit als mee te deel. EK bak skielik koekies en het die naweek selfs vir jou pa 'n verjaarsdag koek gebak, chocolat met coconut, sy gunsteling, en dit was 'n sukses. Amper so lekker soos jou Ouma Quinta sin, sy was die chocolat koek koningin.
Ek kan nie genoeg van Sonya Kitchell, folk en Suid Afrikaanse musiek kry nie, miskien is jy die verskoning wat ek nodig gehad het om selfs meer te indulge maar ek voel hoe jy reageer op sekere musiek en skielik wil ek kitaar leer spieel en wie weet wat anders.
Ek wens daar was meer ure in die dae, dat ek vir ure kon sit en staar en droom oor jou en jou hierwees, nie dat ek regtig gestop word om dit te doen nie, want ek kan myself nie help nie, maar my engel mens se dae vul baie vinnig op, dis snaaks. En dan is daar dae soos vandag wat almal op my kanselleer en ek maar te bly is want skielik het ek die hele dag vir my en jou. Ek kan lees en dalk selfs Chocolat chip coconut koekies bak vir die lekker. Wow, my soet tand is besig om hand uit te ruk en ek probeer om maar matigheid voor oe te hou, (Ouma Quinta het altyd gewaarsku om matigheid te behou) maar dis moeilik om nee te se wanneer Halloween lekkers orals in die huis rond le. Ek handig dit vir almal met wie ek in aanraking kom uit, maar dit voel nie of dit opraak nie, en ek eet heeltemal teveel sweets. Ek belowe ek eet andersins baie gesond en drink my vitaminas, want ek weet jy het al die goeie goed nodig.
Die son skyn vandag en ek het heerlik op die strand gaan stap en sing en maar geglimlag vir almal wat my snaaks aanloer omdat ek hardop sing sonder om te skroom. Ek oefen en jy moet gewoond raak aan my stem. En ek het uiteindelik yoga gedoen saam met Jen, ag dit was lekker en die verskil wat dit maak is ongelooflik. Ek gaan voorneem om elke dag Yoga te doen.
Jy is nou 21 weke oud en jou pa begin al hoe meer met jou praat en ek kan voel hoe jy rustig raak wanneer hy my magie washou en vryf, hy kan meer as enige-iemand nie wag vir jou nie. Hy is soos 'n kat wat volroom melk kry elke dag. Ons is so lief vir jou, BABA, my oe skiet sommer vol trane..

No comments:

Post a Comment