Wednesday, November 17, 2010

22 WEKE


Somer het uiteindelik aangebreek en dalk bly dit vir 'n dag of twee:) Hier op ons deel van die California kus waar dit al laat herfs is ervaar ons nou eers regtig somer. Ek en jy het Sondag saam met die wonderlike en unieke "Swim-Pod" gaan kuier by China Beach en krap (daai oggend deur Matt gevang) ge-eet van die kole af en toe lekker in die see geswem. Met die warm son was die koue water gladnie erg nie, dit was fantasties. Ek is so lief vir die son! In die laaste week het jy skielik begin beweeg en voel-voel binne my, en dit laat my elke keer glimlag wanneer ek jou ligte aanpor voel. My hart klop vinnig van opgewondenheid deesdae. Gisteraand in my Drama/Sang klas kon ek nie my hart laat bedaar nie, en jou warm teenwoordigheid was baie klaarblyklik en prominent. Ek het so idee dat jy van musiek hou, wie van ons doen nie! Soos iemand gister kwyt raak god is musiek, ons ware essence as mens word uitgebeeld deur musiek.

Ek en Ryan het onder die half maan heerlik op die strand gaan stap nou die aand en die branders het soos 'n lafenis oor al ons besorgdhede geval. Daar is 'n oorweldigende gevoel van warm dankbaarheid vir al ons seeninge. Jy is die wonderlikste seening engel, noe-noe kind.

Ek kan nie wag om eendag hierdie deel van paradys met jou te kom deel nie, gister toe ek saam met Eli, my ander boetie op Baker beach gaan stap slaan die skoonheid van die land my weer weg en terwyl ek in die huis werk en saam met Patience(ons swartste kat) op my stoel sit en koer en uitkyk op my boom met sy inwoner Hummingbird(Kolibrie), weet ek ons het 'n baie spesiale nessie hier geskrop met goeie vriende reg langs ons as bure. 'n Warm son en die lig wat dit bring laat my altyd met liefde na die dag en lewe kyk.
Ons sien uit om ons dae met jou te deel, darling meisie!
Lief vir jou ...

3 comments:

  1. Hoe gelukkig is hierdie meisiekind dat sy jou as haar ma gekies het! Ek dink jou bloggesprekke met jou kind is pragtig. Hou dit sodat jy dit met haar kan deel as sy ouer is. Hou dit en sit dit om in 'n boek! Ek het jou en my komende kleinkind baie lief! Salome

    ReplyDelete
  2. Daar is dalk meriete daarin om hierdie blog ook in Engels te vertaal? Salome

    ReplyDelete
  3. JIs, dis seker een van die heel mooiste briewe wat ek nog gelees het. Two pieces that I want to share with you, because I think it might come close to what I think you may be experiencing as my Quinne. Its from K.Gibran

    "...therefore let your soul exalt your reason to the height of passion that it may sing; And let it direct you passion with reason, that your passion may live through its own daily resurrection, and like the phoenix rise above its own ashes."

    "And beauty is not a need but an ecstacy. It is not a mouth thirsting nor an empty hand stretched forth, but rather a heart inflamed and a soul enchanted.It is not the image you would see nor the song you would hear, but rather an image you see though you close your eyes and a song you hear though you shut you ears.Beauty is life when life unveils her holy face. But you are life and you are the veil. Beauty is eternity gazing at itself in a mirror. But you are eternity and you are a mirror."

    Mag jou meisieking elke dag van jou lewe betower. Ek is baie jaloers en deel jou blydskap elke dag. Jy is BEAUTIFUL!! Your pregnancy stirs me and I feel alive again. So lief vir julle en my Blueberry Girl!
    Kimmy

    ReplyDelete