Friday, April 1, 2011

41 en 42 WEKE

O jene Noe-noe kind mense raak nou ongeduldig. Wanneer kom jy??
Ek dra swaar aan jou en sien uit om jou gesiggie en lewende lywe te sien en te beleef. Ek het nou lekker tuin en huis gemaak en sommer drie boeke in 'n week gelees. Ek en jou Ouma Lomie maak kos,

ons stap op die strand en is sommer rustig in ons saam wees en wag vir jou.
Jou pa het al die baba bier gebrou en ek kan nie wag om dit te proe nie.
Die boodskappe stroom in en die ongeduld groei want jy is 'n nuweling en wese wat almal verskriklik opgewonde het. Jy is nou twaalf dae laat en ek sukkel om almal om my rustig en in toom te hou. Maar ek blameer jou glad nie vir op jou eie tyd uitkom nie. Ek dink ek sou die selle gedoen het as dit so bestem was, maar my pad was anders en ek moes op ander se tyd uitkom, ek wil jou die kans gee om so op jou eie manier die pad te vind, maar weet eks hier om jou te vang en sal elke oomblik daar wees vir jou. Jou pa gaan uit sy vel uitspring en kan nie wag om jou te ontmoet nie. So net sodat jy weet daar is 'n groot hoeveelheid liefde wat jou die kant in wag. Geniet die laaste paar ure van cozy wees hier binne...

1 comment:

  1. wat is baba bier? ek hoop julle wag rustig en dat almal goed doen skat

    ReplyDelete