Monday, March 21, 2011

39/ 40 WEKE


Ek sit hier op die vooraand van jou beplande datum wat jy veronderstel is om te arriveer, maar engel jy sal aankom wanneer jy reg is, en vir een of ander rede het ek 'n gevoel dis nie more nie.
Jou Ouma is hier, jou bed is gemaak en ons het tot 'n bad reg vir jou. Ek kan voel jy is beknop en beweging raak moeilik, so weet net jy is welkom om jou pad uit te maak nes jy reg voel. Patience is baie sag en lieflik met my en dis asof julle twee 'n gesprek voer, dis baie fassinerend en ek kan vir ure lank so saam met julle le en chat. Almal is verskriklik opgewonde en vra uit oor jou koms en die liefde en besorgdheid is merkwaardig.
Om die week op die regte noot te begin het ons heerlik by die yoga center hier in die dorp gaan mediteer terwyl hulle wonderlike sound energie healing musiek gemaak het met Tibetaanse bowls en allerhande chimes en wonderlike klanke wat ons kans gegee het om sommer net in die oomblik heerlik saam te ontspan en jou aan die klanke van die wereld bloot te stel.
Dankie vir 'n heerlike journey saam met jou die laaste tien maande. Ek het my lyf op 'n nuwe manier leer waardeer en die wereld herondek. Ek het elke oomblik werklik geniet, want met jou wat groei hier binne my maak dit sin, die ongemaklike en soms onverklaarbare. Ek het so baie geleer, dinge wat ek miskien intelektueel verstaan het maar nooit werklik uit geleef het nie. Ek voel of jy my forseer het om werklik vir die eerste keer betrokke en ten volle teenwoordig te wees in die oomblik. Ek het in my drome saam met jou geleer vlieg en die liefde tussen my en jou pa het gegroei op 'n manier wat my oe laat glinster en my uit my maag laat lag...En nou is ek baie opgewonde vir hierdie volgende fase van jou ken en beleef.
Al ons liefde... Thank you Chris Kirby for these awesome pictures!! criskirby.com

No comments:

Post a Comment