Thursday, March 17, 2011

38 WEKE

Die magic is orals waar ons kyk en loop en die tekens dat jy iets spesiaals bring is onmisbaar!My liefste Noe-Noe kind. Ek is seker jy moet voel en weet hoe geliefd jy is oor die wereld, van die suide van Afrika tot in die ooste en weste van Amerika. Ek is weer die week oorweldig deur die ongelooflike ondersteuning en liefde wat ek en jy beleef deur die tyd. Ek is bang tot ek onthou hoe ons as spesie dit al vir eeue doen en nie hier sou wees sonder die ingebore wete van hoe om nuwe lewe te skep nie. En met al die liefde wat ons omring en die gemeenskap wat reg is om jou te verwelkom kan ek nie help om my skouers te laat sak en diep asem te haal en te glimlag oor die gebeurtenis in ons lewe nie.


Ons behoort aan 'n baie spesiale gemeenskap van vroue wat jou in hulle liefde en wysheid wil omvou engel. Hierdie week het ons saam met die CiA girls jou koms geseen met ons ritueel en liefde.Jou twee "Aunties" Kim en Amy het saam met Grandma Terrie 'n heerlike samekoms gereel, almal van die gemeenskap het opgedaag om jou koms te vier en seker te maak jy het als wat jy kan nodig he om gemaklik te wees. So nes dit ons Brown Huffman genootskap betaam vier ons die gedagte en wete van jou sommer 'n paar keer oor. Ons hou van partytjie en fees vier en daar is nie 'n beter rede om fees te vier as die gedagte dat ons familie verryk word deur jou nie.
Ons het ook oulike fotos geneem van ons en jou in die magie, om die tyd van verandering te onthou. Om die fotos te geniet gaan kyk die talentvolle Chris te foto blog by www.chriskirby.com
Jou Ouma Salome kom die week en ek hoop net jy hou en broei lekker in my maag tot sy land en hier kan wees om jou te sien aankom.
Ek is rustig en maak nou jou kamer reg, en jou pa bou jou bed, so ons is amper reg vir jou.
Baie liefde jou ma...

No comments:

Post a Comment