Monday, March 7, 2011

37 WEKE


Ek sit in ons kombuis en kry lekker. Dis al hoe meer huis en ons is omring deur bekende prente en die chaos waaraan ons gewoond is. Die projek vir die week is fotos en jou goeters engel.
Ek het groot rustigheid in my hart oor jou koms en is nou meer opgewonde as enige iets anders. Ons het 'n doula wat gaan bystaan sodat jy op jou tyd en manier die wereld kan inkom sonder te veel mediese inmenging. Ek staan verbaas oor die kuns en 'magic' van hierdie reis wat nou amper op 'n einde en sy grootste transformasie staan. Ek is mal oor my maag en oor jou manevales. Ek kan tot die slaaplose nagte verdra.Ek kan voel hoe jy reg skuif om op die gemaklikste manier uit te kom. Ek vertrou die proses en vir jou en my. Ek voel of ons regtig op die regte plek in die regte oomblik is en asof als maar altyd gaan gebeur soos dit wil of ons nou probeer of nie, ek leer deur die proses die ware kuns van wees, om oomblik tot oomblik betrokke en beskikbaar te bly. Dis makliker gese as gedaan en al wat ek regtig weet is:"verwag die onverwagte".
...en dat ek verskriklik lief is vir jou en jou pa!

No comments:

Post a Comment