Tuesday, March 1, 2011

36 WEKE

Dis Maart en die weke gaan nou vinnig, ek sukkel om by te hou. Ek en jou pa het ons vyf jaar huweliks herdekking gevier die 25ste. Vyf ongelooflike jare van avontuur en grootword, jare vol liefde en passie en onophoudelike feesviering. Die jaar vier ons groot verandering en sien ons uit na jou koms Noe-noe kind! Ek pak uit en hang fotos, soek meubels, beleef ons nuwe omgewing, stadig maar seker. Ek moet weer van voor af leer waar le noord en suid om my pad te vind. Ek wil vir seker my voete meer in die lug kry en kry minder en minder gedoen op 'n dag voor ek sommer net wil niks doen nie en net staar na die blare op die boom. Dis 'n les om maar te luister as die lyf praat, want vir eens het die kop maar min of eintlik geen se nie.Ons was die naweek by ons geboorte klasse, om te leer oor wat om te verwag met jou koms. Ek hoop om die oorgang in die wereld vir jou so gemaklik as moontlik te maak engel, kom jy soos jy wil, ek leer nou al vir maande hoe om meer buigsaam te wees met my verwagtinge van hoe dinge moet gebeur, my lyf voel gesond en sterk en jy is gesond en dis al wat saak maak my lief. Ek hoop vir jou 'n geboorte ervaring vol lig, liefde en warmte, vinnig en gemaklik. Ek sien uit om jou in lewende lywe te ontmoet en om die wereld met jou te deel. Ons sal maar so saam saam leer hoe, waar, wat en wanneer.

1 comment:

  1. 36 weeks never sounded better! I cannot wait for her arrival and her Grandma is preparing for her journey to you. She is so excited! We all are! Ons lief julle. Have you received your package from Nani yet?

    ReplyDelete