Friday, January 7, 2011

28 WEKE


Franschhoek!
Ons kuier en is rustig op Goodings Grove! Elke oggend eet ons ontbyt met 'n uitsig oor die berge wat my met 'n oopmond vang soos ek staar en my verbeelding op loop gaan. Ons maak 'n Meksikaanse fees vir almal, toe dit ons beurt is om kos te maak en eet vir drie dae daaraan, daar is 'n definitiewe verskil tussen Amerikaanse en Suid Afrikaanse porsies. Verder swem ons as ons warm kry en slaap wanneer ons lus is en lees baie. Die wingerde is beautiful en ons stap lekker so deur die plase, honde neem ons aan en vir 'n uur draf hulle met geesdrif saam, en ons kry lekker. Ons kuier op Hermanus vir 'n dag en geniet ou herinneringe. Jou pa was vir 'n goeie twee dae siek in die bed toe hy aankom, maar teen nuwe jaar dans hy saam tot die reen ons bed toe jaag vroeg oggend, Jan 2011. Jy groei vinnig Noe-noe kind, ek staan verbaas in die spieel en kyk. Jy kan blykbaar nou ook droom en geniet rem slaap, jy is besig en ek hou van hoe jy dans in my maag. Omring deur die skoonheid van die Kaap bond ons familie lekker, ek kan nie wag om die stukkie paradys met jou te deel nie. Liefde

No comments:

Post a Comment