Friday, January 7, 2011

29 WEKE


2011!


Dit voel of jy by die minuut groei en aktief betrokke raak. Jy skop nou gedurig en dis lekker om jou beweging met almal te deel, jou teenwoordigheid maak almal baie opgewonde.



Ons was die laaste week eers vir 'n heerlike aand in Kaapstad by ons cute cottage in Wynberg, nadat ons heerlik aan Rafiki's se prawns gesmul het, ons ritueel elke keer as ons in die Kaap is.





Terug op die Hoeveld huur ons 'n kar en ry bosveld toe waar ons 'n heerlike twee dae in Pilansberg kuier. Ons bly in 'n Safari tent en maak vuur en luister na die natuur en al haar musiek. Die sterre skyn en met elke verskietende ster wens ek vir jou my lief.
Ons sien olifante en jy skop elke keer asof jy iets aanvoel. Kameelperde en zeebras en blou wildebeeste is volop met kleintjies orals. Ons sien tot 'n jong mannetjies leeu met son onder.





Pilansberg is groen en soos 'n sprokies wereld. Dis magic wat ons nie van genoeg kan kry nie. Ek dink ons is so lief vir Afrika en sy veld dat ons altyd eers verdwaal terug Johannesburg toe, wat ons die keer ook doen en lekker ompad ry deur die Limpopo. Dis altyd 'n avontuur engel en ek hoop jy maak reg om saam te speel.
Terug in Jozi geniet ons 'n fantastiese aand met vriende om die tafel en tuisgemaakte pizza. Jou pa geniet die kombuis en ons smul aan sy en Tannie Es se pizza! Johannesburg lyk op sy beste na die wereld soccer en al die reen, die middestad is vol lewe en ons ry met trotse harte daardeur en leer nog van haar geskiedenis met 'n kuier by die Rand Club.
Hoor jy hoe sing jou pa vir jou in die oggend engel kind, ek sien so uit vir julle om te ontmoet. Jy is gelukkig om hom as pa te kon kies, hy is klaar om jou pinkie gevou.

lief vir jou Noe-noe kind!

No comments:

Post a Comment