Sunday, January 16, 2011

30 WEKE

Die kuier in Suid Afrika loop tot sy einde toe. Almal raak snaaks soos wanneer dit volmaan is. Maar dis maar net die koebaai se-ery wat swaar is. Esther en Ouma Salome organiseer 'n stunning tee saam met al die vroue in my lewe. My Afrika susters. Saam met wie ek elkeen al 'n pad gestap het en 'n storie mee deel. Ek sit in verstomming en kyk om my na almal wat na die viering van 'n kruising in my pad kom. Ek is opgewonde om jou en hierdie pad met elkeen van hulle te deel. Wonderlike geskenke vir jou engel kind, prakties en mooi word uitgedeel en wyshede wat ek in my hart saam dra.
Babas chat saam en dogtertjies hardloop en dans op die gras soos ma's 'n jaar se gebeurtenisse probeer opvang.


Die volgende dag vlieg ek en Elma New York toe, 'n lang agtien ure vlug later kom ons in 'n baie koue NYC aan waar Donna ons gelukkig in haar groot trok kom oplaai. Ons ry met draaie en ompaaie na Ruby's Cove toe,haar B&B wat sy op haar unieke manier en met 'n towerhand hardloop. Ons sneeu vas vir twee dae en is maar te bly want die huis is snoesig en die kuier lekker om haar groot hout tafel in die kombuis. Die sneeu is 'n belewenis maar ek weet nie van bly in sulke ekstreme nie. Dis baie werk om by die huis uit te kom net om om die blok te gaan stap.
Vir 'n heerlike drie dae kuier ons in Ruby's Cove en op die vierde dag waag ons dit die stad in. Waar dit minus grade bereik het. Ons bly in 'n hotel in die middel van Manhattan en stap die strate plat. Grand Central is stunning en 'n belewenis, ons verkyk ons aan al die kom en gaan en mense wat erens het om te wees. En toe vat ons voete ons na die Lower East side toe waar ons heerlike egte NYC pizza eet in die village en nog al die tyd lekker kuier.
Die stad se energie is stunning en onophoudelik. Ek is bly om net een aand hier te wees, as jy saam met my kan stap en kyk dan doen ons dit weer, want nou is dit 'n rustigheid wat ek soek en in die stad raak dit verlore. Prioriteite is iets wat baie verander het die laaste paar maande en hierdie aardse ervaring is iets wat werklik voel wanneer dit gedeel word met geliefdes.
Voor ons die laaste been huis toe vlieg gaan ons eers Time Square, Metropolitan Museum en Central park toe, alles is sprokies agtig en prentjie mooi. Die park is wit onder die sneeu en kinders speel orals. Die lekkerste is om saam met twee merkwaardige vroue en vriendinne hierdie landskap en mooi te deel. Herinneringe is wat ons saam dra.
Ek slaap amper die hele vlug terug San Francisco toe en is opgewonde en bly om by die huis te kom waar verandering en avontuur wag.
Nou is die prioriteit nes skrop vir jou Noe-noe kind.
liefde...

No comments:

Post a Comment