Monday, January 31, 2011

32 WEKE


Ons het die perfekte nes gekry engel kind! Sommer die eerste plek wat ons gaan kyk ... die gemak en vloeibaarheid van hierdie tyd wys homself weer.
Jou 'Grandma' Terrie het baie gehelp, sy is net so opgewonde om jou te ontmoet en met haar hulp het als sommer vinnig in plek geval in ons nuwe stad.
Ek en Elma het die week saam afgery tot in LA. Ons het die Big Sur pad gery wat twee keer so ver is, maar een van die mooiste kus lyne is om te ervaar en ons kon nie dat Elma dit misloop nie. Die pad het voor ons uitgekronkel en om elke draai het die skoonheid van ons verys om uit te roep en aandag te gee. Ons het heerlik ons tyd gevat en elke oomblik geniet tot ons die verkeer slaan in LA. Gelukkig kon ons die aand heerlik by Erin ontspan. Ek het in San Diego by jou 'Grandma' gaan rus en gesond word en die kuier in LA kort geknip tot my teleurstelling want 'n simpel verkoue het my beetgekry.
Teen Donderdag vlieg ek terug San Francisco toe met 'n huis en kontrak in ons sak en voel ek baie rustiger oor die volgende paar maande en ons doen en late. Jy groei nou teen 'n spoed en dit voel of iemand die fast-forward knoppie gedruk het. Jy skop en tikkie draai en laat my giggel soos jy my kielie van binne. Dis so lekker om by die huis in die bed te klim saam met jou pa waar ek baie rustiger slaap so tussen die wakker word elke drie ure. Ons rus nou en geniet sommer net tyd en eet saam. Ons laaste dae in die mooi plek, waar ons baie geluk en ervaring gevind het! "Sedona's Rule", 'n movie wat ons twee jaar gelede geskiet het, wys by een van die local movie teaters en dis heerlik om die opgewondenheid van 'n projek se klaarheid saam met almal wat daaraan create het te deel. Die movie is 'n lekker thriller. Eendag as jy groter is kan jy dit kyk, dit uit die argiewe gaan haal:)
En so se ons dan nou die week elke dag vir 'n stukkie van ons geliefde stad totsiens. Terselftertyd ook hello vir 'n opwindende nuwe avontuur en stad.
Groei en broei nou lekker en wees rustig, daar is baie tyd vir als wat in die wereld vir jou voorle
Lief vir jou....

No comments:

Post a Comment